top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Fondse van die Mangaung-metro word tydelik teruggehou

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 7
  • 1 min read

Fondse wat die Mangaung-metro vandeesmaand uit die nasionale tesourie sou ontvang, word tydelik teruggehou.


Maroela Media berig die metro is een van vier metro's en 66 munisipaliteite landwyd wie se sogenaamde billike deel van die landsbegroting weerhou word.


Volgens die nasionale tesourie is die stap daarop gemik om fiskale dissipline te bevorder en beter bestuur van openbare geld te verseker.


Die tesourie sê die besluit volg op volgehoue en ernstige nie-nakoming van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, ondanks verskeie pogings om die betrokke munisipaliteite by te staan.


Die tesourie beklemtoon dat die tydelike weerhouding van fondse 'n korrektiewe, en nie 'n strafmaatreël nie, is en dat geen impak op dienslewering verwag word nie.


Ter illustrasie. FOTO: The South African
Ter illustrasie. FOTO: The South African

 
 
 

Comments


bottom of page