top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Fop nuus stel troepe se veiligheid in gevaar

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 27, 2025
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het 'n nuusberig verwerp wat beweer dat SANW-lede wat aan die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) onttrek, verplig word om hul wapens oor te gee terwyl hulle deur Rwanda reis. SABC News berig volgens SANW stel die beriggewing die veiligheid van die troepe in gevaar, en moet die artikel in die sterkste moontlike terme as niks anders as hoorsê veroordeel word nie. Hulle voeg in ‘n verklaring by dat nie feitelik is nie en blyk om daarop gemik te wees om paniek te skep en alle betrokkenes te diskrediteer. SANW-troepe onttrek aan die DRK nadat 'n ooreenkoms deur die SAOG en die Oos-Afrikaanse Gemeenskap bereik is om vredesprosesse te laat hervat.

 
 
 

Comments


bottom of page