top of page

Fop-polisiebeamptes in Bfn word swaar gevonnis

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 19, 2025
  • 1 min read

Vier mense is swaar in die Bloemfonteinse streekshof gevonnis oor hul betrokkenheid by ‘n gesofistikeerde afpersingsindikaat in Mangaung. Die misdadigers het hulle in twee aparte insidente as wetstoepassers voorgegee.


‘n Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in beide gevalle het die verdagtes ‘n verlore foon-taktiek gebruik. ‘n Medepligtige sou 'n slagoffer se huis besoek en ‘n selfoon agterlaat met ‘n versoek om dit te laai.


Kort daarna het verdagtes, wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het, die slagoffers daarvan beskuldig dat hulle ‘n toestel besit wat met ‘n moordsaak verband hou. Die fop-beamptes sou dan groot bedrae geld eis in ruil vir die slagoffers se vrylating.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Comments


bottom of page