top of page

Forensiese Patologiedienste bestuur die agterstand by die Bloemfonteinse Staatslykhuis

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 30
  • 1 min read

Forensiese Patologiedienste bestuur tans 'n agterstand van ongeveer 35 liggame wat op lykskouings by die Bloemfontein Staatlykhuis wag. Woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Gesondheid, Mondli Mvambi, sê die agterstand is veroorsaak deur amptenare wat genoodsaak is om daagliks lang afstande na ander fasiliteite vir outopsies te moet reis. Die lykskouings word tans by fasiliteite in Welkom, Kroonstad en Sasolburg uitgevoer. Dit volg na die sluit van die Bloemfonteinse staatslykhuis ingevolge ‘n kennisgewing van die Departement van Arbeid en Indiensneming. Hoewel die meeste van die probleme opgelos is, bly die verwarming-, ventilasie- en lugversorgingstelsel egter 'n kritieke bekommernis, aangesien die voorsieningsketting nog ‘n gekwalifiseerde diensverskaffer vir die nodige herstelwerk moet identifiseer.

 
 
 

Comments


bottom of page