top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

FORMULE EEN: Lando Norris wen sy eerste Monaco Grand Prix

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 26, 2025
1 min read

Die Britse renjaer Lando Norris het Sondag  sy eerste Monaco Grand Prix gewen nadat hy van die begin af voor weggespring het in ‘n tyd van 1:13.221. Ferrari se Charles LeClerc wat verlede jaar in Monaco gewen het was tweede gevolg deur Norris se McLaren  spanmaat Oscar Piastri in die derde plek. Dit was Norris se tweede oorwinning in agt wedrenne vanjaar – sy eerste sedert Maart vanjaar en ook McLaren se eerste oorwinning sedert 2008 -  en is nou slegs drie punte agter Piastri in die bestuurders-kampioenskap. *Die volgende ren is die Spaanse GP wat eerskomende Sondag weer gejaag word.

 
 
 

Comments


bottom of page