top of page

FORMULE EEN: Le Mans renjaer Felipe Drugovich oorweeg skuif na F1

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 3, 2025
  • 1 min read

Felipe Drugovich wat tans vir Cadillac in die Le Mans  jaag oorweeg die stap om uit diè 24 uur uithouwedren te onttrek om vir Lance Stroll by die Kanadese Grand Prix in te staan. Stroll het weens pyn in sy regterhand aan die Spaanse GP die afgelope naweek onttrek na die kwalifiseringsrondes maar weens F1-reëls kon Aston Martin nie ’n plaasvervanger inspan nie omdat diè Kanadees reeds in die 14de plek gekwalifiseer het. Drugovich wat in die 2022 die Formule 2 kampioen was is geskeduleer om tydens die Kanadese wedren in Frankryk by die Le Mans-uithouren te jaag maar aangesien sy ooreenkoms met Aston Martin ’n bietjie vaag is oor wie as die reserwe renjaer voorkeur gaan kry om vir Stroll in te staan kan diè Brasiliaan wel moontlik afgter die stuur inskuif. *Die Kanadese GP spring Sondag die 15de Junie in Montreal weg.

 
 
 

Comments


bottom of page