FORMULE EEN: Max Verstappen bly deel van die Red Bull span tot 2026
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 29
- 1 min read
“Die Vlieënde Nederlander” Max Verstappen gaan nog tot aan die einde van die 2026-seisoen deel van span Red Bull Racing wees. Ondanks belangstelling van Mercedes om hom weg te lok het Red Bull se raadgewer Helmut Marko bevestig dat Verstappen tot aan die einde van volgende jaar by die span verbind is. Verstappen se uittree-klousule sou hom wel toelaat om die span aan die einde van die jaar te verlaat het indien hy vierde of laer op die punteleer sou wees na die Hongaarse Grand Prix wat die naweek plaasvind. Verstappen was egter derde na afloop van die Belgiese Grand Prix en nou ver genoeg voor dat hy nie deur George Russell van Mercedes ingehaal sal kan word nie. Christian Horner wat Red Bull se spanbaas was is vandeesmaand afgedank en deur Laurent Mekies vervang. Verstappen se agent het ook destyds gesê dat ondanks veranderinge bly die Nederlandse superster lojaal aan die Red Bull-span.





Comments