top of page

FORMULE EEN: McLaren se Lando Norris eerste oor eindstreep in Spielberg

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 30, 2025
  • 1 min read

Lando Norris van die McLaren span het sy derde oorwinning in vanjaar se F1-reeks behaal toe die Brit eerste oor die eindstreep gejaag het by die Oostenrykse Grand Prix in Spielberg. Norris se wentyd was 1:23:47.693 terwyl spanmaat Oscar Piastri en Charles LeClerc van Ferrari onderskeidelik die tweede en derde plek op die podium ingeneem het. Norris is nou net 15 punte agter spanmaat Piastri vir die titelstryd met Max Verstappen van span Red Bull wat nog vasklou aan sy derde plek. Die einste Red Bull renjaer en Mercedes se Kimi Antonelli se ren was reeds in die eerste rondte iets van die verlede na ’n ongeluk terwyl Carlos Sainz se Williams met die formasie rondte nie kon wegtrek nie. Nadat hy een rondte voltooi het en in die kuipe aangedoen het, het sy agter remme aan die brand geslaan en was sy uitstappie na die Red Bull Ring iets van die verlede. Die volgende ren is die Britse Grand Prix wat eerskomende Sondag op Silverstone gejaag sal word.

 
 
 

Comments


bottom of page