FORMULE EEN: Piastri wen Spaanse Grand Prix / Verstappen weer in die pekel na botsing met Russell
- Armando Pieters

- Jun 2
- 1 min read
Die Aussie Formule 1 renjaer Oscar Piastri het sy voorsprong op die bestuurders-kampioenskap nog verder vergroot toe hy die Spaanse Grand Prix in Barcelona gewen het. Piastri se wentyd oor die 66 rondtes op die Circuit de Catalunya was 1:32:57.375 gevolg deur sy McLaren spanmaat Lando Norris en Charles Leclerc van span Ferrari in die derde plek. Max Verstappen was aanvanklik vyfde verby die geruite vlag maar is egter met 10 sekondes gestraf toe hy en George Russell kort voor die einde mekaar gestamp het toe Russell hom verbysteek en is tot die 10de plek afgeskuif. Die volgende wedren is die Kanadese GP wat oor twee weke in Montreal wegtrek.





Comments