top of page

FORMULE EEN: Spanje speel gasheer vir twee Formule Een wedrenne in 2026 / Afrika wag nog in spanning vir geleentheid

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 11, 2025
  • 1 min read

Terwyl die Afrika vasteland nog in spanning wag vir ’n Formule Een Grand Prix sal Spanje gasheer speel vir twee wedrenne in 2026. Die Emilia Romagna-GP tel nie meer onder volgende jaar se 24 Grans Prix’s nie terwyl Madrid se straatrenbaan in September daardiè  jaar sy debuut op die F1-kalender gaan maak. Die eerste Europese ronde is die vierde wedren op 7 Junie wat in Monaco gejaag sal word. Suid-Afrika se departement van sport, kuns en kultuur het vroeër wel ’n bodproses begin terwyl minister Gayton McKenzie aangedui het dat ’n suksesvolle kandidaat in die derde kwartaal van die jaar bekend gemaak sal word. Hy bly veral optimisties oor die feit dat Suid-Afrika wel in 2027 ’n F1-bestemming kan word. Rwanda het ook planne om ’n F1 Grand Prix aan te bied en indien president Paul Kagame se land suksesvol is sal dit naby die Bugesera-lughawe buite Kigali gehou word.

 
 
 

Comments


bottom of page