top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Forum4SA sê Nsfas moet ontbind

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 19
1 min read

Forum for South Africa (Forum4SA) sê die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (Nsfas) moet onmiddellik ontbind word.


Dit kom nadat die Openbare Beskermer bevind het dat meer as 40 000 studente onbehoorlik Nsfas-befondsing ontvang het wat ongeveer R5,1 miljard beloop.


Forum4SA doen ’n beroep op ’n forensiese ondersoek na die onreëlmatige betalings, die vervolging van die betrokkenes en die terugvordering van fondse wat wanbestee is.


Die organisasie se Tebogo Mashilompane sê die regering moet Nsfas vervang met ’n nuwe studentebefondsingsmodel. Hy voeg by die model moet gebaseer wees op deursigtigheid, verantwoordbaarheid en effektiewe bestuur.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page