Fosa vra weer dat die doodstraf terug gebring word
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Dec 1, 2025
- 1 min read
Die Forum vir Suid-Afrika (Fosa) vra opnuut dat die doodstraf weer ingestel moet word vir persone wat opsetlik en doelbewus onskuldige mense vermoor. Dit
kom nadat die minister van polisie, Firoz Cachalia, die jongste misdaadstatistieke bekend gemaak het wat toon dat 64 mense elke dag in Suid-Afrika vermoor word.
Maroela Media berig Fosa se nasionale leier, Tebogo Mashilompane, sê dat die reg op lewe, soos vervat in die Grondwet, “daagliks met straffeloosheid geskend word". Hy sê dit is hoekom Fosa weer vra vir die doodstraf, spesifiek vir mense wat doelbewus en met opset onskuldige mense vermoor.
Mashilompane het benadruk dat Fosa se standpunt nie op vergelding gemik is nie, maar op geregtigheid.







Comments