Frankryk steek 'n stokkie voor Shein-verkope
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2h
- 1 min read
Frankryk het aangekondig dat aanlynkleinhandelaars soos Shein in 2026 ‘n jaar van weerstand in die gesig sal staar.
Die land se minister vir klein- en mediumgrootte ondernemings, Serge Papin, sê die platforms veroorsaak onbillike mededinging vir Franse kettings. Papin sê dit is onregverdig dat fisiese winkels verantwoordelik is vir die goedere wat hulle op hul rakke verkoop, terwyl aanlynplatforms nie is nie.
Reuters berig dat die Russiese regering, Frankryk en die Europese Unie ook belasting op klein pakkies geïmplementeer het om Shein se verkope te beperk.





Comments