top of page

Kopers kla glo oor Shein, Temu

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 9, 2025
  • 1 min read

n Impak kan beslis op sosiale media gesien word van verbruikers wat oor die hoë invoerkoste van die aanylwinkels Shein en Temu kla.

Dit volgens die uitvoerende hoof van Mr Price, Mark Blair.

Hy en die uitvoerende hoof van die Foschini-groep, Anthony Thunström, het nie amptelike syfers oor wat die impak op Shein en Temu is nie, maar hulle sê ‘n mens kan dink dat die aanlyn-kleinhandel van dié internasionale maatskappye in Suid-Afrika aansienlik vertraag is.

Volgens Netwerk24 sê Blair dit laat hulle gemaklik voel dat die nuwe wetgewing korrek toegepas is.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het in September verlede jaar BTW bekend gestel wat bykomend tot die vaste tarief van 20% invoertarief vir Shein en Temu van toepassing is.

 
 
 

Comments


bottom of page