‘n Ondersoek na Shein en Temu is van stapel gestuur
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Dec 5, 2025
- 1 min read
'n Ondersoek na die Chinese e-handelsreuse Shein en Temu is deur die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) van stapel gestuur.
In reaksie op vrae van TechCentral het dié kommissie se hoof klagtes en ondersoeke, Prudence Moilwa, gesê die ondersoek is aangespoor deur aanlyn klagtes, en hou verband hou met onder andere bemarking, kwaliteit van produkte, etikettering en openbaarmakingsvoorwaardes.
Die twee maatskappye is van die ondersoek in kennis gestel, en albei het onderneem om daarmee saam te werk.
Indien bevind word dat die partye die wetgewing oortree het, sal die saak na die Nasionale Verbruikerstribunaal vir vervolging verwys word.
In daardie geval kan Shein en Temu administratiewe boetes van tot R1 miljoen – of 10% van hul jaarlikse omset in Suid-Afrika – in die gesig staar.







Comments