Franse polisie verban alkoholgebruik
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 day ago
- 1 min read
Die polisie in Parys in Frankryk het openbare alkoholgebruik vanaf Vrydag verbied.
Die Franse stad sê dit is ’n poging om gesondheidsprobleme te verminder wat verband hou met die voortdurende hittegolf in die land en dele van Europa.
Frankryk het Woensdag sy warmste temperature vir die tweede agtereenvolgende dag aangeteken. Klimaatkundiges skryf die uiterste hitte in Europa aan klimaatsverandering toe.








Comments