top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Frustrasie onder kiesers kan opkoms raak

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 25
  • 1 min read

Groeiende frustrasie en wantroue onder kiesers kan ’n groot impak hê op opkoms tydens die 2026 plaaslike verkiesing.


SABC News brig dit is volgens die Menswetenskappe Navorsingsraad se jongste opname oor kiesersdeelname, wat toon dat Suid-Afrika tans een van sy mees uitdagende verkiesingsklimate in drie dekades beleef.


Die studie wys op toenemende pessimisme, onttrekking en dalende vertroue in politieke leierskap.


Navorsingsdirekteur Ben Roberts waarsku dat dié tendense deelname aan die verkiesing kan benadeel.


Die verslag toon ook dat byna die helfte van stemgeregtigde Suid-Afrikaners nog nie vir die verkiesing geregistreer is nie.


Roberts sê baie burgers voel hulle word nie gehoor nie, en dat politici nie voldoende op hul behoeftes reageer nie — iets wat kommer wek oor die gesondheid van die land se demokrasie.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page