top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

FWA help om twee verdagtes vas te trek

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 7, 2024
1 min read

Die Fichardtpark buurtvereniging, in Bloemfontein het die naweek gehelp om twee verdagtes was te trek. Die eerste verdagte is in Van Laun Single straat, binne ‘n erf met vermoedelike gesteelde kragkabels en ‘n waterpyp betrap. Hy is deur die polise op aanklagte van inbraak en beskadiging van eiendom in hegtenis geneem. Die tweede verdagte het na bewering deur slinkse planne ‘n selfoon by die Southern Sentrum gesteel. Hy het glo verlede week weggehardloop nadat hy ‘n werknemer se selfoon gesteel het. Die verdagte is, met hulp van die FWA, deur die polisie vir diefstal in hegtenis geneem.

 
 
 

Comments


bottom of page