FWA kry die Fichartpark Sportgronde vir pluimbaltoernooie gereed
- Nadia Pieters

- Oct 5
- 1 min read
Slaggate rondom die Fichardtpark Sportgronde, in Bloemfontein, is deur die Fichardtpark woonbuurtvereniging (FWA) herstel.
FWA het aan Rosestad-nuus gesê die hele terrein is gedurende die week netjies gemaak vir twee pluimbaltoernooie wat daar sal plaasvind.
Die Suid-Arikaanse O/17-pluimbaltoernooi Sondag daar af, met die Senior pluimbaltoernooi wat op die 11de Oktober begin.
Intussen berig Bloemnuus die toernooie beloof om ‘n hoogtepunt vir sport in Bloemfontein te wees − met die kombinasie van tradisie, talent en transformasie in dié sportsoort.
Van die spelers wat aan die Senior-toernooi gaan deelneem sluit die Olimpiese speler Nita Scholtz-Albertse in.






Comments