G20-afgevaardiges toer deur Metro
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 8, 2025
- 1 min read
Ter viering van kultuur, herinnering en eenheid, het die Vrystaatse Premier MaQueen Letsoha-Mathae en die adunkminister vir interregeringsbetrekkinge, Anna Thandi Moraka, ‘n G20-afwaardiging op ‘n toer deur die Mangaung Metro Munisipaliteit geneem. Die Kulturele Diplomasie-padskou is daarop gemik om Suid-Afrika se ryk erfenis uit te lig, globale kulturele vennootskappe te bevorder, en die G20 se breër missie van inklusiwiteit, diversiteit en samewerking oor nasies heen te weerspieël. Luidens ‘n plasing op sosiale media het die tweedaagse kulturele toer by die Oliewenhuis-kunsmuseum begin, waarna die aangrypende Vroueoorloggedenkteken en -museum besoek is. Die dag is afgesluit met 'n besoek aan Naval Hill wat asemrowende uitsigte oor Bloemfontein bied.






Comments