Gardeniapark-Spar vra om verskoning aan ‘n blinde
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 6 days ago
- 1 min read
Spar het om verskoning gevra nadat ’n blinde man met ’n gidshond aanvanklik toegang tot die Kwikspar in Gardeniapark in Bloemfontein geweier is.
Netwerk24 berig Jacques de Bruyn, sy gidshond, Jazz, en sy vriendin, Shané Fourie, wou gaan inkopies doen toe 'n sekuriteitswag hulle voorgekeer het en gesê het Jazz mag nie die winkel binnekom nie.
Die sekuriteitswag het volgehou dat hy nie teen De Bruyn diskrimineer nie, maar dat diere nie in die winkel toegelaat word nie. Die bestuurder het egter toe gesê dat hulle wel die winkel mag binnegaan.
De Bruyn sê by navraag hy wil nie hê die werknemer moet sy werk verloor nie, en dat hy die video van die voorval wat op sosiale media versprei is, opgeneem het om bewustheid van die uitdagings van die blinde gemeenskap te skep.
Hy sê die winkelbestuurder en veiligheidswag het ná die konfrontasie om verskoning gevra.
Spar se woordvoerder, Mpudi Maubane, sê die kleinhandelaar is in gesprek met die veiligheidsdiensverskaffer oor die voorval en oor die toepaslike behandeling van klante met gestremdhede.







Comments