top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Gauteng kry ‘n reuse-energie-inspuiting uit China

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 7
1 min read

Namate Suid-Afrika sy transmissie-infrastruktuur uitbrei om nuwe energiekapasiteit te ondersteun, sal ses Chinese maatskappye fabrieke in Gauteng vestig.


Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê die verbintenis is tydens die Suid-Afrika-China Elektrisiteitsbeleggingskonferensie in Beijing bevestig.


Volgens die minister is die enigste oorblywende stap om die nodige grond vir die aanlegte te identifiseer.


Intussen berig SABC News die nuwe fabrieke sal spesifiek fokus op die vervaardiging van kragdrade, transformators en kragmaste om Eskom se beplande netwerduitbreiding van 14 500km te ondersteun.


Dit volg namate die regering mik om teen 2030 40% van die land se elektrisiteit uit hernubare energie op te wek.


Kgosientsho Ramokgopa. FOTO: The Mining African Group
Kgosientsho Ramokgopa. FOTO: The Mining African Group

 
 
 

Comments


bottom of page