top of page

Gayton McKenzie het die Gelykheidswet oortree

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 19, 2025
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het bevind dat die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, die Gelykheidswet oortree het. Volgens die kommissie is daar prima facie-bewyse van die gebruik van die k-woord.

Dit kom nadat vorige sosialemedia-kommentare deur McKenzie wat die woord gebruik het, vroeër vandeesmaand weer op sosiale media verskyn het.

Die kommissie sê dat hulle ’n beweringsbrief aan McKenzie gestuur het en ’n pad vorentoe sal bepaal nadat hulle ’n antwoord ontvang het.

Intussen berig EWN McKenzie sê om ou sosialemediaplasings op te haal om te beweer hy is 'n rassis is deel van 'n georkestreerde veldtog teen hom aangesien sy party – die Patriotic Alliance – goed vaar in die politieke arena.

 
 
 

Comments


bottom of page