Gayton McKenzie sê hy kan nie 'n rassis wees nie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 12, 2025
- 1 min read
Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, sê hy kan nooit skuldig wees aan rassisme nie, aangesien hy die seun van 'n swart vrou is en het kinders saam met 'n swart vrou het.
Dit kom ná beskuldigings van rassisme nadat hy jare gelede, tussen 2011 en 2017, inskrywings op X (toe Twitter) gemaak het waarin die k-woord opduik.
Netwerk24 berig McKenzie erken hy het die plasings gemaak, maar hy het berou en kry skaam daaroor.
Die leier van die DA, John Steenhuisen, reken sulke taalgebruik het nie plek in Suid-Afrika nie, en daar is 'n ekstra verpligting op leiers om versigtig te wees.
ActionSA het ook klagte by die Menseregtekommissie teen McKenzie ingedien, en die nasionale organiseerder van die Mayibuye-konsultasieproses, Floyd Shivambu, eis dat McKenzie uit sy amp as minister verwyder word.
Intussen swyg die kantoor van president Cyril Ramaphosa oor moontlike stappe teen hom.






Comments