Gayton McKenzie verdedig besteding vir die Fifa Wêreldbeker
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 20
- 1 min read
Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, het die departement se bykans R31-miljoen besteding aan die Fifa Wêreldbeker 2026-program verdedig en gesê dit was wettig en in ooreenstemming met die departement se mandaat.
Hy het Sondag ʼn amptelike verklaring uitgereik wat die kostes breedweg uiteensit.
Volgens hom het die begroting amptelike reise, kultuurvertonings, uitstallingswedstryde, gasvryheid, wedstrydkaartjies en bemarkingsaktiwiteite vir meer as 150 deelnemers in die Verenigde State en Mexiko befonds.
McKenzie verwerp bewerings dat die geld op hom persoonlik bestee is. Hy sê sy eie reiskoste was net meer as R1-miljoen en dat elke rand verantwoord sal word.








Comments