top of page

GBV: Geen ministeriële magte verander nadat ramp geklassifiseer is nie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 31, 2025
  • 1 min read

Geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord (GBVF) is as ’n nasionale ramp geklassifiseer, en nie as 'n nasionale ramp verklaar nie. Weens hierdie onderskeid bly die ministeriële magte, regulasies en hulpbrontoekennings onveranderd.


Netwerk24 berig president Cyril Ramaphosa het dié uitlating gemaak in ’n geskrewe parlementêre vraag en antwoord aan ActionSA-LP Dereleen James.


James wou in die lig van die klassifikasie ook by Ramaphosa weet watter bykomende hulpbronne ontplooi sal word, en watter ander meetbare uitkomste gebruik sal word as riglyne om die sukses van die klassifikasie te bepaal.


Ramaphosa sê die kabinet het wel vyf prioriteite aangeneem vir die ontwikkeling van ’n aksieprogram waardeur die stryd teen GBVF versterk moet. Die prioriteite is egter nie gelys nie.


Luidens die jongste kwartaallikse misdaadstatistieke wat in November deur die waarnemende polisieminister, Firoz Cachalia, bekend gemaak is, was daar ’n toename van 0,2% in die aangemelde seksuele oortredings.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page