#WomenForChange: Geslagsgebaseerde geweld 'moet 'n nasionale krisis wees’
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 20
- 1 min read
'n Nie-winsgewende organisasie vir die konstitusionele regte van vroue en kinders in Suid-Afrika, Women for Change, gaan 'n landwye protes-aksie uitvoer die dag voor die G20-beraad begin.
NovaNews berig die vreedsame protes, genaamd die "G20 Women's Shutdown" doen 'n beroep op president Cyril Ramaphosa om geslagsgebaseerde geweld 'n nasionale krisis te verklaar.
Vroue word aangemoedig om op 21 November swart of pers aan te trek, en om 12:00 vir 15 minute in stilte te lê ter ere van die 15 vroue wat daagliks vermoor word.
Die byeenkomplekke in Bloemfontein is by die hoofkampus van die Universiteit van die Vrystaat en Hoffman Plein.






Comments