Geadverteerde poste vir die dieretuin in Bloemfontein moet verduidelik word
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 14, 2025
- 1 min read
Die metro se stadsbestuurder, Sello More, gaan moet rekenskap gee vir die besluit om interne vakatures by die munisipale dieretuin in Bloemfontein te adverteer. Dit ten spyte daarvan dat die fasiliteit gesluit en nie-operasioneel is. Luidens ‘n DA-mediaverklaring volg die besluit om personeel by die fasiliteit in diens te neem op niks anders as ‘n werk-vir-maats-skema nie. Die party voeg by totdat die dieretuin aan internasionale standaarde gebring word, die nodige dierepermitte verkry word en die fasiliteit amptelik as 'n uitstallingsruimte geregistreer word, is enige verwante uitgawes verkwistende en onreëlmatige besteding. Die munisipaliteit het reeds R6 miljoen vir die dieretuin in sy jongste begroting goedgekeur. Dit nadat hulle gespesialiseerde poste vir 'n dieretuin wat tans nie bestaan nie geadverteer het.






Comments