Gebarste pype in Bloem word intyds herstel
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 26
- 1 min read
Die Mangaung Metro Munisipaliteit weerlê bewerings van die DA dat gebarste pype nie intyds herstel word nie.
Netwerk24 berig die party het vroeër in ‘n verklaring beweer dat reaksietye om dié probleme op te los steeds traag is.
In reaksie op die bewerings sê die munispaliteit se waarnmende kommunikasiehoof, Nicolette Maysiels, 76% van die gebarste pype wat van September tot Desember verlede jaar in Bloemfontein aangemeld is, is binne 48 uur herstel.
Ook is daar binne 48 uur aan 94% van die aangemelde lekkende watermeters aandag gegee.
In reaksie op DA-raadslid, Dirk Kotze, se bewering dat meer as die helfte van die stad se watervoorsiening verlore gaan voordat dit by verbruikers uitkom - sê Maysiels 18 waterbewarings- en vraagbestuurstrategieë is goedgekeur en van dié is reeds in werking gestel.







Comments