Geblikte leeus dalk binnekort hok geslaan
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 16
- 1 min read
Die teel van leeus in aanhouding in Suid-Afrika kan binnekort hok geslaan word.
Die minister van bosbou, visserye en die omgewing, Dion George, sê ‘n nuwe kennisgewing sal binnekort gepubliseer word wat die oprigting van enige nuwe fasiliteite vir dié praktyk verbied.
Die departement het reeds al die nodige administratiewe stappe afgehandel om die kennisgewing amptelik te laat geld.
Volgens Maroela Media sê George die beperking van teel van leeus in aanhouding kan help om ʼn meer volhoubare en etiese toekoms vir hierdie diere te verseker. Hy voeg by dié stap vorm deel van ʼn breër poging om dierewelsyn te versterk en die bewaring van Suid-Afrika se unieke biodiversiteit te verbeter.
Die teel van leeus in aanhouding laat talle welsyns- en etiese vrae ontstaan. Dierewelsyngroepe en omgewingsorganisasies het herhaaldelik hul kommer oor die gevolge daarvan vir die wildbewaring in Suid-Afrika te kenne gegee.





Comments