Gebruikers kan dalk binnekort nog meer zolle rol
- Saamgestel deur Ilde Roos
- 26 minutes ago
- 1 min read
Suid-Afrikaners word gevra om hul insette te lewer op voorgestelde konsepregulasies wat bepaal dat gebruikers soveel as 750 gram dagga vir private gebruik in besit mag hê.
Die wet volg op die Konstitusionele Hof se eenparige beslissing in 2018 dat die gebruik of besit van dagga deur ʼn volwassene vir private doeleindes nie ʼn strafregtelike oortreding kan wees nie. Maroela Media berig die nuwe wet maak nou voorsiening vir die gebruik, besit, verbouing en vervoer van dagga vir private doeleindes.
Persone wat voorheen skuldig bevind is aan dagga-verwante klagtes kan ook nou aansoek doen vir hul kriminele rekord om uitgewis te word.
Die presiese hoeveelheid dagga wat ʼn persoon in besit mag hê vir private gebruik is aan die wetgewer oorgelaat, wat nou 750 gram vir ʼn volwassene vir private gebruik in sowel ʼn private of openbare spasie voorgestel het.
Insette sluit op 5 Maart.



