Gebruikte broodsakkies word in kleurvolle neklinte omskep
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 20
- 1 min read
Meer as ‘n duisend gebruikte broodsakkies is in kleurvolle netkline, of te wel lanyards, omskep by die PRCA Afrika-konferensie in Johannesburg, wat Globale Herwinningsdag gevier het.
Die inisiatief deur Re.Bag.Re.Use het die skoonmaak, sny en hekel van plastiekafval in funksionele items behels.
Organiseerders sê die lanyards het volhoubare innovasie uitgelig terwyl dit inkomstegeleenthede vir vroue wat by produksie betrokke is, ondersteun.
Afgevaardigdes is ook aangemoedig om gebruikte lanyards vir hergebruik terug te besorg, wat ‘n sirkulêre benadering tot die vermindering van plastiekafval bevorder.








Comments