Gedenkdiens vir oud-Vrystaatse rugbyspeler in Bloem gehou
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 16, 2025
- 1 min read
‘n Gedenkdiens sal 24 Mei vir die 68-jarige voormalige Vrystaat-rugbyspeler, Dawie Pretorius, by die Geloofsentrum in Universitas, Bloemfontein, gehou word. Netwerk24 berig Pretorius is na ‘n lang siekte oorlede. Volgens sy vrou, Annelie, het die oud-voorry ‘n erge lyding gehad weens emfiseem. Hy het ook sy heup in ‘n val gebreek en was vir agt weke aan ‘n ventilator gekoppel in die hospitaal. Pretorius hou die rekord vir die speller wat die meeste agtereenopvolgende wedstryde vir die Oos-Vrystaat gespeel het. Rugby was egter nie die plaasseun van Harrismith se enigste passie nie, hy het ook op ‘n plaas by Harrismith geboer voordat hy begin skoolhou het. Pretrorius het in 2022 afgetree waarna hy en Annelie na Bloemfontein verhuis het.







Comments