top of page

‘Geen ANC-lid sal Kill the Boer sing nie’

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 6, 2025
  • 1 min read

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê geen ANC-lid sal toegelaat word om die struggle-lied Kill the boer, kill the farmer te sing nie.

Netwerk24 berig Mbalula het vandag op 'n mediakonferensie in Johannesburg gesê dit is 'n struggle-lied wat geen plek in 'n demokratiese Suid-Afrika het nie. Daarom mag ANC-lede dit nie sing nie, al is dit wettig.

Mbalula het na die lied verwys toe die Amerikaanse handelstarief teen Suid-Afrika ter sprake gekom het.

Amerika se president Donald Trump het 'n video van die lied gespeel toe president Cyril Ramaphosa hom besoek het.

ANC-leiers sal volgens Mbalula nie voor Amerikaanse sanksies swig en hul beleid van transformasie laat vaar nie. Hy voeg by transformasie moet tot gelykheid lei en totdat dit nie gebeur nie, sal hulle daarmee volhou.

 
 
 

Comments


bottom of page