top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Geen bewyse van sabotasie is by die Vrystaatse Lethabo-kragstasie gevind nie

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 14, 2025
1 min read

Voorlopige ondersoeke het geen bewyse van sabotasie of gemene spel by Eskom se Lethabo-kragstasie, in die Vrystaat, gevind nie. Eyewitness News berig die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het Vrydag tydens sy oorsigbesoek aan die kragstasie, die onlangse kragonderbrekings aan tegniese probleme toegeskryf. Volgens die minister kan hulle rekenskap gee waarom Suid-Afrika beurtkrag gehad het en dit het niks met sabotasie te doen nie. Die minister het ook verseker dat die uitdagings geidentifiseer is en dat hulle dit aanspreek sodat betroubare elektrisiteitstoevoer gehandhaaf kan word.

 
 
 

Comments


bottom of page