top of page

Geen DA-minister gaan Nasionale Dialoog bywoon

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 11, 2025
  • 1 min read

Die leier van die DA, John Steenhuisen, sal nie deelneem aan president Cyril Ramaphosa se Nasionale Dialoog nie.

Dit nadat die DA se woordvoerder, Willie Aucamp, bevestig het Steenhuisen het ander verpligtinge. Geen van die DA se ministers sal teenwoordig wees nie.

Volgens IOL het Aucamp ook gesê dit sal nie deel wees van die “ANC nasionale dialoog” wat “mense se geld gebruik” nie.

Ramaphosa hou vandag die eerste vergadering by die Uniegebou.

Steenhuisen sê totdat Ramaphosa nie woorde met aksie teen korrupsie binne sy eie geledere vervang nie, die DA nie die nut sien om eindelose gesprekke met die ANC te hou nie.

 
 
 

Comments


bottom of page