Geen diere sal sonder permitte na die Bfn-tuin kom nie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 27
- 1 min read
Geen diere sal na die Bloemfontein-dieretuin gebring word sonder die nodige permitte en goedkeurings vir nakoming nie. Dit is volgens die waarnemende hoofwoordvoerder van die metro, Nicolette Maysiels.
Netwerk24 berig Maysiels het by navraag gesê spesifieke begrotingsyfers bly onderhewig aan interne goedkeuringsprosesse en sal gefinaliseer word in ooreenstemming met munisipale finansiële bestuursvoorskrifte.
Die verkryging en bekendstelling van diere sal in fases plaasvind en is afhanklik van onder meer die voltooiing van infrastruktuuropknappings en finale regulatoriese goedkeurings.
Maysiels sê dus kan geen vaste verkrygingsdatum tans bevestig word nie. Sy voeg by die metro bly verbind tot die heropening van die dieretuin op ’n verantwoordelike, nakomende en volhoubare wyse wat dierewelsyn en openbare veiligheid prioritiseer.






Comments