top of page

Talle diere verloor nadat die Bloemfontein-dieretuin gesluit is

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 16, 2025
  • 1 min read

'n Totaal van 79 diere is verloor nadat van die diere van die Bloemfontein-dieretuin nie opgespoor of hervestig kon word nie toe die dieretuin in 2019 gesluit is.

Dit beteken die Mangaung-metro het 'n verlies van R1,76 miljoen gely.

Die dieretuin is op 17 Desember 2019 gesluit omdat die metro nie voldoen het aan al die regulasies en wette rakende beskermde spesies nie, en omdat die metro nie permitte gehad het nie.

Netwerk24 berig dit het in die ouditeur-generaal (OG) se verslag aan die lig gekom nadat dit in 'n 2021-2022-bateverifikasie aan die lig gekom het dat van die diere nie opgespoor kon word nie.

Luidens die ouditverslag het die rekenpligtige beampte nie toegesien dat alle redelike stappe gedoen is om die munisipaliteit se diere in die dieretuin te beskerm soos vereis word nie.

 
 
 

Comments


bottom of page