Interne vakatures is glo vir die nie-funksionerende Mangaung-dieretuin geadverteer
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 10
- 1 min read
Interne vakatures is glo vir die Mangaung-dieretuin in Bloemfontein geadverteer terwyl die dieretuin, kragtens ’n hofbevel wat deur die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings verkry is, steeds gesluit is.
Die metro het vroeër ’n verlies van R1,76 miljoen gely nadat van die diere nie opgespoor of hervestig kon word toe die dieretuin in 2019 gesluit is nie. 'n Totaal van 79 diere is verloor. Die dieretuin is in Desember 2019 gesluit omdat die metro nie aan al die regulasies en wette rakende spesies voldoen het nie en nie permitte gehad het nie.
Volgens Netwerk24 sê 'n plaaslike raadslid dat die werwing van personeel vir ’n niefunksionerende dieretuin verregaande is, terwyl noodsaaklike dienste soos vullisverwydering, die herstel van slaggate en bestuur van waterlekkasies verwaarloos word.
Die woordvoerder van die metro, Qondile Khedama, het nie op navrae gereageer nie.






Comments