top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Geen koue-skade in Vrystaat gerapporteer

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 12, 2025
1 min read

Ten spyte van snerpende koue en sneeu, het geen boere in die Vrystaat enige skade aangemeld nie. Dit volgens die president van Vrystaat Landbou, Francois Wilken.

Hy sê, volgens Netwerk24, is die grootste probleem nat lande wat die stroping van graan en mielies in die wiele ry.

‘n Onafhanklike weervoorspeller, Johan van den Berg, beweer die sneeu vir die sentrale streek van die land is vir eers verby. Die minimum temperature oor die Vrystaat en Noord-Kaap sal wel die volgende paar dae onder vriespunt wees.

Hy voeg by daar sal teen 16 Junie ‘n kouefront van die Kaap af inbeweeg, wat moontlike sneeu teen 18 Junie teweeg kan bring.

 
 
 

Comments


bottom of page