Geen leefstyloudits is in jare by die SAPD gedoen nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 9
- 1 min read
Geen leefstyloudits is die afgelope vyf jaar binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens uitgevoer nie.
Die Wêreldbank se teenkorrupsiekenner, Albertus Schoeman, het Donderdag aan die Madlanga-kommissie van ondersoek gesê die polisiediens het gedurende dié tyd slegs leefstyloorsigte en leefstylondersoeke gedoen.
Volgens Schoeman het geen van die sake waarby senior bestuurslede betrokke was, tot volledige leefstyloudits gevorder nie.
Hy sê 'n leefstyloorsig vergelyk 'n amptenaar se verklaarde bates met sy of haar inkomste, waarna die saak vir 'n volledige leefstylondersoek verwys kan word indien teenstrydighede geïdentifiseer word.








Comments