Geen ongerymdhede met Centlec se oudit nie
- Armando Pieters

- Jun 9
- 1 min read
Die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika (AGSA) ontken bewerings van korrupsie deur sommige van hul ouditeure in die Vrystaat. The Citizen berig dit kom nadat ActionSA verklaar het dat hulle inligting van fluitjieblasers ontvang het wat beweer dat senior AGSA Vrystaat-figure met werknemers en konstultante van Bloemfontein se elektrisiteitsverskaffer, Centlec, saamgewerk het om oudituitkomste te vervals. Die verslae was glo bedoel om wydverspreidefinansiële wanbestuur en bedrog binne die munisipale entiteit bloot te lê. Ouditeur-generaal, Tsakani Maluleka, sê AGSA het die bewerings wat verlede jaar die keerste keer op sosiale media opgeduik het, reeds ondersoek en het die verslae aan die Mangaung Metro Munisipaliteit oorhandig. Sy het ook ‘n beroep op die diegene met konkrete bewyse van korrupsie gedoen om dit deur AGSA se klagteproses in te dien.





Comments