top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Geen rekord van Mosambiek se opposisieleier in SA

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 5, 2024
  • 1 min read

Die departement van internasionale betrekkinge sê hy het geen rekord van Mosambiek se voorste opposisieleier, Venancio Mondlane, in Suid-Afrika nie. Eyewitness News berig Mondlane beweer hy het 'n sluipmoordpoging in Sandton vrygespring waar hy skuiling geneem het - ná 'n betwiste verkiesing in die buurland. Die SA regering dra egter nie kennis van Mondlane se teenwoordigheid in die land of 'n aanslag op sy lewe nie. Volgens Woordvoerder Chrispin Phiri sou hulle via die Hoë Kommissaris of 'n ambassade ingelig word dat 'n vooraanstaande persoon na Suid-Afrika kom, en waar nodig sal die regering selfs sekere hoflikhede aan amptenare van 'n bepaalde regering van vooraanstaande persone gee waar nodig. Die polisie het ook gesê dat hulle geen rekord het van 'n saak wat deur Mondlane in Sandton geopen is waar hy beweer die aanslag op sy lewe gebeur het nie.

 
 
 

Comments


bottom of page