Geen sake is nog oor optogte geopen nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 19
- 1 min read
Geen sake is tot dusver geopen teen aktiviste wat betrokke is by veldtogte teen onwettige immigrante in Suid-Afrika nie.
Volgens News24 sê die polisie daar is geen klagtes aanhangig gemaak teen mense wat aan die optogte deelneem of oproepe maak dat onwettige immigrante die land moet verlaat nie.
Verskeie optogte is vanjaar regoor die land gehou, terwyl dreigemente ook op sosiale media versprei is.
Die regering het intussen beklemtoon dat slegs wetstoepassingsagentskappe die bevoegdheid het om onwettige immigrante te deporteer.








Comments