top of page

Geen substandaard kankermedisyne is in SA opgespoor nie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 15, 2025
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Reguleringsowerheid (Sahpra) het bevestig dat geen substandaard kankermedisyne in die land opgespoor is nie. ‘n Wêreldwye ondersoekstudie het bevind dat die kankermedisyne wat in verskeie Afrikalande getoets is, onder die vereiste standaard was. Volgens die owerheid is Suid-Afrika nie op die studie se lys nie, en geen van die gemerkte handelsmerke is in die land geregistreer of beskikbaar nie. Sahpra sê dat hulle interne prosesse van stapel gestuur het om te verseker dat geen van die geregistreerde kankermedisyne in Suid-Afrika wat aktiewe farmaseutiese bestanddele bevat geraak is nie. Die owerheid se Yuven Gounden sê die kankerprodukte wat in die land geregistreer en bemark word, voldoen aan die toepaslike spesifikasies.

 
 
 

Comments


bottom of page