Gekaapte motor in 40 minute opgespoor in Bloemfontein

Apr 9, 2025
1 min read
Lede van die Provinsiale Teenbende-eenheid in Bloemfontein het ’n gekaapte motor binne 40 minute ná die kaping opgespoor. Luidens ’n polisieverklaring is die voertuig Dinsdag glo omstreeks 10:00 in Rocklands gekaap. Die eenheid het onmiddellik op die inligting gereageer en begin soek. Teen sowat 10:35 het die lede die motor in dieselfde omgewing opgemerk. ’n Jaagtog het gevolg wat later tot stilstand gekom het. Die verdagte het te voet gevlug toe hy die polisie sien. Die voertuig is teruggevind, maar die verdagte is steeds op vrye voet. Die eienaar het ’n saak van kaping by die Kagisanong-polisiekantoor aanhangig gemaak. Die SAPD loof die vinnige reaksie van die Teenbende-eenheid.








Comments