top of page

Geloofsleiers betoog teen die Artikel 22-komitee

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Oct 9
  • 1 min read

Geloofsleiers en kerkorganisasies het by die Uniegebou in Gauteng teen die nuutgestigte Artikel 22-komitee betoog.


Dié komitee het ten doel om toesig te versterk, verantwoordbaarheid te bevorder en misbruik binne kerke en geloofsgebaseerde instellings te bekamp.


IOL berig die betogers het egter Woensdag beweer die komitee probeer hul godsdienstige vryheid inperk.


Die Artikel 22-komitee is verlede week amptelik by die Rhema Bybelkerk van stapel gestuur.


‘n Koalisie van godsdienstige leiers sê dit is die regering se ongrondwetlike poging om kerke te beheer.


Een van die organiseerders van die optog, 'n pastoor van die Unity Fellowship Church, het aan die betogers gesê hulle is die kerk-beskermers, en hulle sal nie Christenskap in Suid-Afrika laat sneuwel nie.


FOTO: IOL
FOTO: IOL

Comments


bottom of page