Geluksdam-boere voed duisende behoeftige Bloemfonteiners
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 25
- 1 min read
Vir die afgelope tien jaar pak ‘n groep boere van die Geluksdam-boerevereniging, buite Bloemfontein, hul projek aan om vars groente en vrugte aan behoeftige Bloemfonteiners te skenk. Volgens Netwerk24 was vanjaar geen uitsondering en die oes was geen klein taak nie. Sowat 1 900 koolkoppe, 1.5 ton wortels en 400 bossies spinasie is geoes om oor die 6000 mense van ‘n voedsame ete te voorsien. Volgens een van die vereniging se lede Deon de Groot, werk die boere en hul werkers saam. Hy voeg by dis harde werk maar hulle weet dit maak ‘n verskil.





Comments