Gelyke ouerskapverlof kom nader
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 13
- 1 min read
Suid-Afrika se ouerskapverlofstelsel staan voor groot veranderinge nadat die Konstitusionele Hof beslis het dat die huidige verlofbepalings vir verskillende ouers ongrondwetlik is.
Die Wysigingswetsontwerp op Arbeidswetgewing stel 'n nuwe stelsel voor wat gelyke toegang tot ouerskapverlof vir kwalifiserende ouers moontlik maak.
Indien albei ouers in diens is, sal hulle vier maande en tien dae verlof tussen hulle kan verdeel, terwyl 'n enkel werkende ouer op vier maande verlof geregtig sal wees.
Die hof se tussentydse bevel is reeds bindend en werkgewers word aangeraai om hul beleid daarvolgens aan te pas.








Comments