top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Gemeenskap neem wraak op man wat na bewering meisies seksueel aanrand

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 15, 2025
1 min read

***  ’n Man in Zwelisha in KwaZulu-Natal het aan kopbeserings en sweepmerke op sy lyf gesterf. Nuusflits berig dit kom nadat hy na bewering minderjarige meisies seksueel aangerand het. Reaction Unit South Africa (Rusa) sê hulp is ontbied nadat ʼn groep mense die man glo getakel het. Rusa het op die toneel aangekom waar die lewelose man buite ʼn huis op ʼn bank aangetref is. Die pa van ‘n meisie het Rusa-beamptes ingelig sy dogter is na bewering een van vier slagoffers, tussen 4 en 11 jaar oud, wat gedurende 2024 seksueel deur die oorledene aangerand is.

 
 
 

Comments


bottom of page